|
Die bundel “Lacrimosa” (om te treur) is ‘n samevatting van Mellet Moll se digkuns met 100 gedigte. Dit verwoord die romantiek van verlies, seerkry, wroeging en die dood en vertroos die wat dit nodig het. Met “Terug in die Hoogland” en “Testament” se 800 gedigte, eersdaags beskikbaar, gee die e-bundel sy benadering tot letterkunde. “Lacrimosa”, · soos die donkerder dele van Van Wyk Louw, · broos soos Ingrid Jonker, · swartgallig soos Eugene Marais, · filosofies soos Breyten Breytenbach en · musikaal soos Eitemal. Dit begin met ‘n liefdesverklaring gevolg met gotiese romantiese reis. Die leser reis in die middeleeue saam met die kruisvaarder verteller en tonele in ou kastele, grafkelders, tussen ou ruïnes of mistige hooglande. “Lacrimosa” lees ons eers na middernag, verloor jouself daarin en sleur jouself mee wees gestreel en vertroos, seergemaak en gerusgestel, verlei en verwerp en veilig aan God sal oorgee.
Mellet Moll se digkuns raak elkeen van ons op ’n ander manier aan
|
|
Om te bestel in 3 maklike stappe
Ons werk saam met Smashwords uitgewers in die VSA. Die prys is USD 9.99 wat ongeveer R82 is. Dit word deur die grootste betaalportaal, Paypal, hanteer. Paypal wat deur Ebay aangebied word, is ’n enkripte sekuriteitsstelsel.
1. Jy sal eenmalig by Smashwords moet registreer. Doen nou dit HIER 2. Gaan dan nou hierheen en gaan deur die proses. Die bundel sal nou in jou library verskyn en jy kan altyd teruggaan daarheen as jy dit in ander formaat wil aflaai. 3. Kies jou formaat. (Jy kan altyd ‘n ander formaat later gratis aflaai. Gaan net terug na die library.):
Werk jy op ’n skoot—of tafelrekenaar? Die eenvoudigste opsie is om die bundel as ’n .pdf af te laai. ’n Beter manier is om eers Adobe Digital te kry en jou bundel in hul oulike biblioteek te stoor. Kry dit gratis hier, installeer en kies dan die e-pub opsie as jy jou bestelling plaas.
Of spog met ’n Amazon Kindle leser? Kies .mobi, laai dit af en kopieer na jou Kindle.
Of dra ’n Pad? iPad/iBooks, Nook, Sony Reader, Kobo en die meeste e-lees toepassings soos Stanza, Aldiko en ander. Kies e-pub formaat |




